Skip to content

FOSA verwelkom afdanking van Shibiri, maar eis volle toerekenbaarheid [KLANK]

# Die Forum for South Africa het die afdanking verwelkom van die gewese hoof van die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad, Richard Shibiri, ná ‘n interne tugproses. Die leier van Fosa, Tebogo Mashilompane, sê dit is uiters kommerwekkend dat ‘n senior polisiebeampte wat met die stryd teen georganiseerde misdaad toevertrou is, in die tugverhoor aan wangedrag skuldig bevind is. Hy sê dit is selfs meer kommerwekkend dat Shibiri na bewering geld van Vusimuzi Cat Matlala ontvang het, soos wat voor die Madlanga-kommissie getuig is:

ENG TebogoONShibiri