# Activists and Citizens Forum sê kiesers het die mag om verandering in munisipaliteite te bewerkstellig wanneer hulle stem, en die geleentheid om raadslede te verwyder wat van korrupsie en swak dienslewering beskuldig word. Die forum sê korrupsie het ‘n groot rol gespeel in die verval van munisipaliteite en talle gemeenskappe sukkel steeds sonder betroubare basiese dienste. Die forum vra kiesers om Woensdag hul demokratiese reg uit te oefen en rekenskap te eis van diegene wat toevertrou is met die bestuur van openbare hulpbronne.
Forum vra kiesers om korrupte munisipale raadslede aanspreeklik te hou