# Activists and Citizens Forum het die Valke versoek om die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstust, Tebogo Malaka, en woordvoerder Phasha Makgolane in hegtenis te neem. Daily Maverick het beeldmateriaal gepubliseer waar hulle die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh 60-duisend-rand kontant aanbied om ‘n korrupsie-ondersoek te staak. Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het ‘n strafregtelike klagte teen hulle ingedien. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê daar is voldoende bewys om hulle dadelik aan te keer:
Forum versoek Valke om geskorste hoof en woordvoerder van Ontwikkelingstrust in hegtenis te neem [KLANK]
ENG DennisOnIDTArrest