Skip to content

Fort Hare bedrogsaak in vyf dele verdeel om vervolging te versnel

Die Nasionale Vervolgingsgesag het die 171-miljoen-rand Fort Hare-bedrogsaak in vyf afdelings verdeel om die verhoor te bespoedig. Elk sal deur ‘n ander landdros by die Oos-Londense Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof verhoor word. Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van bedrog, diefstal, korrupsie en geldwassery. Die NVG-woordvoerder Luxolo Tyali sê die saak, waarby universiteitspersoneel en diensverskaffers betrokke is, hou verband met geweldsdade, insluitend moord.