Skip to content

Forensiese deskundige sê Anele Tembe is dalk gestamp

# ‘n Forensiese deskundige het in die Kaapstadse Landdroshof gesê volgens ‘n rekonstruksie kon Anele Tembe dalk as gevolg van ‘n aggressiewe stamp na haar dood geval het. Tembe was verloof aan die kletsrymer Kiernan “AKA” Forbes, wat intussen ook dood is, en is in April 2021 dood nadat sy van die tiende verdieping van die Pepperclub-hotel geval het. Tydens die geregtelike doodsondersoek het die forensiese ontleder Jeremy Philander gesê toetse op poppe met dieselfde gewig as Tembe het getoon ‘n harde stamp stem met die bewyse ooreen, maar ‘n gly of ‘n ligte sprong nie.