# ‘n Fonds van 9,3-miljard-rand, wat gemik is op die verbetering van moeder- en neonatale gesondheidsorg in Afrika suid van die Sahara, is vandag in Abu Dhabi van stapel gestuur. Met Westerse lande wat hulp aan Afrika dramaties verminder, word filantrope insluitend die Gates-stigting, deur die Beginnings Fund bymekaar gebring. Die fonds beoog om meer as 300-duisend sterftes te voorkom en toegang tot gehaltesorg vir 34-miljoen moeders en babas te verbeter. Die fonds wil oor die volgende vyf jaar met tien lande saamwerk, naamlik Ethiopië, Ghana, Kenia, Malawi, Lesotho, Nigerië, Rwanda, Tanzanië, Uganda en Zimbabwe.
Fonds begin om moeder- en neonatale gesondheidsorg in Afrika suid van die Sahara te verbeter