Skip to content

Eerste sewe lewende Israelse gyselaars uit Gaza vrygelaat

# Die Israelse Weermag het bevestig dat die vrylating van lewende Israelse gyselaars uit Gaza begin het. Hamas het tot dusver sewe gyselaars vrygelaat en na die Rooi Kruis oorgeplaas. Die ander 13 lewende gyselaars sal later uit verskillende gebiede van Gaza vrygelaat word. Byna twee-duisend Palestynse gevangenes en aangehoudenes in Israel sal ook vrygelaat word as deel van die eerste deurslaggewende fase van die wapenstilstands-ooreenkoms wat deur Amerika bemiddel is. Hamas sê hy is verbind tot die gyselaars-vrystellingsooreenkoms, mits Israel daarby hou.