Skip to content

Finale fase van Johannesburg se Riverside View-projek gaan 744 wooneenhede lewer

# Die Stad Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, Mlungisi Mabaso, het Dinsdag amptelik die sooi gespit vir Fase 4 van die Riverside View-ontwikkeling vir maatskaplike behuising in Streek A. Fases 1 en 2 is in September 2023 voltooi, terwyl 184 eenhede verlede jaar met Fase 3 bygevoeg is. Fase 4, die laaste fase, sal nóg 744 eenhede lewer. Mabaso sê dié fase het 53-miljoen-rand van die metro ontvang, en 291-miljoen-rand uit die Reguleringsowerheid vir Maatskaplike Behuising se Gekonsolideerde Kapitaaltoelae.