# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula het die SAKP se besluit om onafhanklik aan verkiesings deel te neem, as verdelend en skadelik vir die alliansie gekritiseer. Hy het by ‘n mediakonferensie na die ANC se nasionale uitvoerende komitee-vergadering gesê die SAKP se stap ondermyn eenheid en lei die aandag af van die gedeelde doelwit om die land se uitdagings aan te pak. Hy het die party aangemoedig om dit te heroorweeg, en gewaarsku dat onenigheid binne die drieparty-alliansie die progressiewe beweging verder kan fragmenteer:
Fikile Mbalula veroordeel SAKP se ‘verdelende’ verkiesingsbesluit [KLANK]
ENG MbalulaOnAlliance