# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het die Nasionale Uitvoerende Komitee-lid, Andile Lungisa, se regsaak teen die party bevraagteken. Dit volg nadat Lungisa se naam verwyder is van die komende plaaslikeregeringsverkiesing se lys proporsionele verteenwoordigers in die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap. Talle kandidate in ses munisipaliteite in die provinsie is ook uitgesluit nadat die ANC die Verkiesingskommissie se sperdatum misgeloop het. Volgens Lungisa het Mbalula persoonlik opdrag gee dat sy naam verwyder word. Mbalula sê Lungisa weet hoe om hierdie soort kwessies te hanteer.
Fikile Mbalula bevraagteken Andile Lungisa se kandidaatlys-hofsaak teen die ANC