# Fietsry: Deelnemers aan die uitmergelende Tour de France is woedend omdat ryers in die middel van die nag wakker gemaak word vir opkikkertoetse. Die verdedigende kampioen Tadej Pogacar van Slowenië het die situasie as onmenslik bestempel. Dit volg nadat die voormalige kampioen Jonas Vingegaard van Denemarke bevestig het dat hy om twee-uur die oggend wakker gemaak is, en Pogacar om vyf-uur. Vingegaard het na ‘n ongeluk tydens die 15de skof Sondag aam die wedren onttrek. Ander fietsryers beskryf die toetsing as ‘n algehele gebrek aan respek vir die deelnemers.
Fietsry: Tour de France deelnemers woedend oor opkikkertoetse in die nag