# Fietsry: Daar was gemengde gevoelens onder die duisende Belgiese ondersteuners wat gister oor die grens gestroom het vir die eerste skof van die Tour de France. Die Belg Jasper Philipsen was eerste, maar sy landgenoot Remco Evenepoel het waardevolle tyd verloor. Philipsen het die geel trui gewen in dolle snelrit in die noordelike stad Lille, terwyl die dubbele Olimpiese kampioen Evenepoel in ‘n tweede groep vasgevang was en ongeveer 40 sekondes verloor het. Philipsen begin vandag in geel in die heuwelagtige tweede skof van 209 kilometer tot by die strand van Boulogne-sur-mer.
Fietsry: Philipsen wen eerste skof van Tour de France terwyl Evenepoel tyd verloor