Skip to content

Fietsry: Meer spanne en ryers vir groot Europese toere

# Fietsry: Die Giro d’Italia, Tour de France en Vuelta a España sal vanaf hierdie jaar almal 23 spanne betrek. Hierdie inisiatief is deur die Internasionale Fietsryunie goedgekeur. Die totale aantal fietsryers sal van 176 in die 22-spanmodel, na 184 ryers met 23 spanne vermeerder. Die uitbreiding is gemik om spanne in die tweede afdeling te ondersteun en fietsryers van ander spanne die geleentheid te gee om aan ‘n groot toer te neem. Al 18 die topvlakspanne neem aan die groot toere deel met bykomende uitnodigings wat aan die tweede vlak Pro Tour-spanne uitgereik word.