# Die Departement van Basiese Onderwys sal binnekort Fase vyf van die Basiese Onderwys Indiensnemingsinisiatief aankondig, wat op jeugdiges van 18 tot 34 gerig is. Die departement werk saam met die Departement van Indiensneming en Arbeid, en word ondersteun deur die Nywerheidsontwikkelingskorporasie van Suid-Afrika. Die inisiatief het ten doel om landwyd meer as 200-duisend skoolgebaseerde werksgeleenthede te skep. Werwing word gratis gedoen deur SAYouth.mobi. Die jeug word versoek om hul aanmeldbesonderhede te hernu en om aansoek te doen vir polisieklaring. Die departement het ook gewaarsku teen moontlike swendelaars.
Fase vyf van Basiese Onderwys-werksinisiatief binnekort bekendgestel