# Die families van Israelse gyselaars wat nog deur Hamas aangehou word, sê eerste minister, Benjamin Netanyahu, is die “een struikelblok” wat hulle terugkeer en ‘n vredesooreenkoms verhoed. Die forum vir die families van gyselaars en vermiste persone het op sosialemedia gesê Israel se aanval verlede week op Katar wys dat elke moontlike ooreenkoms deur Netanyahu gekelder word. Netanyahu het Saterdag gesê die uitwissing van Hamasleiers in Katar verwyder die grootste struikelblok om die gyselaars vry te laat en die oorlog te beeïndig. Die families het sy reaksie egter beskryf as die nuutste verskoning om te verhoed dat hul geliefdes terugkeer.
Families sê Netanyahu is die enigste struikelblok wat verhoed dat gyselaars huistoe kom