# ‘n Niggie van Clive Naicker, ‘n getuie voor die Madlanga-kommissie, is by haar huis in Shastri Park, Phoenix noord van Durban, doodgeskiet. Tamryn Raju is gisteroggend met verskeie skietwonde gevind na bure gerapporteer het hulle het skote gehoor. Die 32-jarige se jong dogter met spesiale behoeftes, was tydens die skietery in die huis. Die polisie in KwaZulu-Natal het ‘n moordondersoek begin. Niemand is nog in hegtenis geneem nie, en die motief is steeds onbekend.
Familielid van ’n getuie by die Madlanga-kommissie in Phoenix doodgeskiet