Skip to content

Europese leiers en Zelensky gaan vandag aanlyn gesprekke met Trump voer

# Europese leiers en die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, gaan vandag aanlyn gesprekke met die Amerikaanse president, Donald Trump, voer. Hulle sal hom probeer oortuig om Kiëf se belange in ag te neem wanneer hy Vrydag in Alaska die oorlog met sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, bespreek. Zelensky sal na Berlyn reis om die videokonferensie met die gasheer, die Duitse kanselier Friedrich Merz, by te woon. Merz het ook die leiers van ander Europese lande, die Europese Unie en NAVO genooi om aan die gesprek deel te neem.