Skip to content

Europese Kommissie se hoof sê Oekraïne het omvattende sekerheidswaarborge nodig

# Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê Oekraïne het omvattende sekerheidswaarborge nodig om sy ekonomiese en militêre posisies te ondersteun. Europese leiers het Sondag in Londen ʼn noodberaad gehou om ʼn vredesplan vir Oekraïne te ontwikkel en aan Amerika voor te lê. Sy beskryf die beraad as ʼn goeie en reguit bespreking. Von der Leyen sê dis belangrik dat Oekraïne in ʼn posisie van krag staan om homself teen Rusland te verdedig. Sy voeg by hulle moet vir die ergste voorberei.