# Die Europese Unie beskou die anti-Semitiese opmerkings van Elon Musk se klets-bot, insluitend lof vir Adolf Hitler, as uiters ernstig. Skermgrepe op X het verskeie plasings gewys deur die bot, Grok, waarin hy die Nazi-leier prys wat die moord op ses-miljoen Jode bewerkstellig het. Daar was ook beledigende aanmerkings oor Islam en die Turkse president, Recep Tayyip Erdogan, waarop ‘n hof in daardie land die plasing verban het. Die EU se woordvoerder oor digitale aangeleenthede, Thomas Regnier, bevestig dat Pole hom gevra het om Grok te ondersoek.
EU wil Elon Musk se Grok-kletsbot ondersoek na lof vir Adolf Hitler