Skip to content

EU versoek alle partye om hulle te weerhou van vergelding nadat Israel vir Iran aanval

# Die Europese Unie se hoof van Buitelandse Beleid, Kaja Kallas, het beide kante versoek om selfbeheersing toe te pas nadat Israel Iran se kernprogram en militêre leierskap geteiken het. Kallas het in ‘n plasing op X die situasie in die Midde-Ooste as gevaarlik bestempel. EU-amptenare sê hy het vroegoggend met die Israelse minister van Buitelandse Sake, Gideon Saar, gepraat. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, vra ook kalmte. Sy het alle partye aangespoor om maksimum-selfbeheersing te beoefen en hulle van vergelding te weerhou.