# Die Europese Unie het vir 2027 ʼn lening van meer as 853-miljard-rand aan Oekraïne voorgestel vir militêre hulp en begrotingsondersteuning. Dit volg ná hewiger Russiese aanvalle, terwyl die koste van Oekraïne se verdediging en die tol wat ekonomiese ontwrigting eis, steeds toeneem. Die voorstel vereis goedkeuring van die 27 EU-lidlande, terwyl Slowakye, Tsjeggië, Hongarye en Bulgarye nie die jongste befondsing aan Oekraïne wil goedkeur nie. Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê Oekraïne sal die lening eers kan terugbetaal wanneer Rusland skadevergoeding betaal:
EU stel lening van R800-miljard-rand aan Oekraïne voor om verdediging te versterk [KLANK]
ENG LeyenOnUkraineSupport