# Die Europese Unie het sy 18de sanksiepakket teen Rusland bekendgemaak met die Kremlin se vermoë om geld te maak uit olie- en gasproduksie in die visier. Dit sluit ʼn verbod in op die gebruik van die Nord Stream-pypleiding om gas tussen Rusland en Duitsland te vervoer en die verlaging van die prysplafon op Russiese olie-uitvoere. Die pakket moet nog deur die EU se 27 lidlande goedgekeur word. Die Europese Kommissie se president, Ursula von der Leyen, sê hulle soek vrede in Oekraïne:
EU plaas nog druk op Rusland met 18de sanksiepakket [KLANK]
ENG LeyenOnRussia