Skip to content

EU keur bykomende R1,88-miljard goed om Libanese weermag te versterk

# Die Europese Unie het ʼn bykomende pakket van 1,88-miljard-rand goedgekeur om Libanon se gewapende magte te ondersteun. Dit is die vierde bilaterale pakket vir militêre hulp wat dié blok lande die afgelope jare aan Libanon gee. Die befondsing sal gebruik word om Libanon se militêre vermoë uit te brei. Die EU-hoof van Buitelandse Sake, Kaja Kallas, sê die beste manier om die Iran-ondersteunde Hisbolla-groep se bedreiging te verminder, is deur die Libanese staat te versterk, sy instellings te bemagtig en sy monopolie op die gebruik van mag te herstel.