# Die Europese Unie waarsku hy kan moontlik druk op Israel plaas indien die situasie vir Palestyne in Gaza nie verbeter nie. ʼn Hersiening van ʼn handels- en samewerkingsooreenkoms tussen Israel en die Europese Unie is verlede maand deur 17 EU-lidlande aangevra uit protes teen Israel se verbod op humanitêre hulp aan Gaza. Die EU se hoof van Buitelandse Sake, Kaja Kallas, beweer Israel het sy verbintenis tot menseregte in Gaza en die Wesoewer verbreek. Sy sê die Palestyne se lyding moet stop.
EU beloof streng optrede teen Israel as lyding in Gaza nie verbeter nie