# eThekwini in KwaZulu-Natal het die eerste munisipaliteit in Suid-Afrika geword wat ministeriële goedkeuring ontvang het om sy eie elektrisiteit op te wek. Minister Kgosientsho Ramokgopa het ‘n Artikel 34-bepaling toegestaan, wat Durban in staat stel om 400-megawatt van onafhanklike produsente te verkry, dit is 100-megawatt van sonkrag-fotovoltaïese en 300-megawatt van gas-tot-krag-projekte. Die minister sê dit is gemik om die afhanklikheid van Eskom en beurtkragrisiko’s te verminder en energiesekerheid en energie-onafhanklikheid te bevorder: