Skip to content

eThekwini-munisipaliteit stel goedgekeurde tariefaanpassings in vir 2025/2026

# Die eThekwini-munisipaliteit sê hulle is in die finale stadium van die instelling van die goedgekeurde tariefaanpassings vir die 2025/2026 boekjaar. Hulle sê die veranderinge sal in die tweede faktuursiklus weerspieël word. Die metro sê ‘n tegniese probleem tydens die eerste faktuursiklus het gelei tot ‘n paar verskille tussen die goedgekeurde tariewe en dié wat op sommige rekeninge weerspieël word. Hy sê hulle het die haakplek sedertdien opgelos, en enige verskille, hetsy dit meer of minder as die aangeduide bedrae is, sal outomaties in die komende faktuursiklus reggestel word.