Skip to content

eThekwini doen ‘n beroep op taxi-leierskap om twee-dagstaking op te skort [KLANK]

# Die burgemeester van eThekwini, Cyril Xaba, en die LUR van Vervoer in KwaZulu-Natal, Siboniso Duma, doen ‘n beroep op die leierskap in die taxi-bedryf om hulle beplande staking te kanselleer en om dienste in Clermont en KwaDabeka te hervat. Taxi-operateurs in Durban het vandag met ‘n twee-dag staking begin. Dit volg na weke se onsuksesvolle onderhandelings met die munisipaliteit oor operasionele probleme. Die woordvoerder van die burgemeester, Mluleki Mntungwa, sê taxi-operateurs dring aan op die vrylating van geskutte voertuie en dat die agterstand met operateurslisensies opgelos moet word:

ENG MlulekionStrike