Skip to content

eThekwini-burgemeester vra kalmte na massaslagting in Umlazi

# eThekwini se burgemeester, Cyril Xaba, het die moord op agt mense in Umlazi veroordeel. ʼn Onbekende aantal gewapende aanvallers het Vrydagaand ʼn woonplek in Umlazi U-seksie binnegaan en op die slagoffers losgebrand. Agt mense, ses mans en twee vroue, is op die toneel dood terwyl drie mense gewond is. Xaba vra die polisie om alles in hul vermoë te doen om die moordenaars vas te trek en sê die gemeenskap moet die polisie kans gee om ʼn deeglike ondersoek te doen.