# Eskom sê hy verwerk nou die bevindinge van ‘n onafhanklike ondersoek na dieselverkrygings- en bergingskontrakte deur middel van hul interne bestuurs-, regs- en gehalteversekeringsprosedures. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dissiplinêre stappe teen geïmpliseerde amptenare, gebaseer op vroeëre bevindings, is reeds aan die gang terwyl die nuut voltooide verslag tot verdere korrektiewe stappe sal lei. Sy sê sodra die hersienings afgehandel is, sal die verslag aan wetstoepassing voorgelê word vir moontlike strafregtelike optrede.
Eskom verwerk onafhanklike ondersoek na dieseltenders