# Eskom sê hy het van 1 April tot 9 Oktober 5,9-miljard-rand aan diesel bestee en meer as ‘n duisend gigawatt-uur uit sy oopsiklus-gasturbine-aanlegte opgewek. Die Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dieselbesteding die afgelope week was 27,74-miljoen-rand teen ‘n lasfaktor van 0,758-persent. Sy sê dit is laer as dieselfde tydperk verlede jaar toe besteding 97,4-miljoen-rand was. Mokwena sê dit toon volgehoue verbetering in doeltreffendheid en dui op ‘n beduidende vermindering in afhanklikheid van dieselopwekking vanjaar:
Eskom sê dieseluitgawes bly deurgaans onder begroting [KLANK]
ENG DaphneonBudget