# Eskom se energiebeskikbaarheidsfaktor vir die jaar tot op datum is nou 67,24-persent, die sterkste finansiële prestasie op ‘n jaargrondslag in ses jaar. Die nutsmaatskappy sê onbeplande onderbrekings het met 28,3-persent gedaal, met dieseluitgawes wat meer as 83- persent minder is. Eskom kon aan die aanvraag voldoen met geen beurtkrag vir 448 agtereenvolgende dae nie. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê lasvermindering is in ses provinsies heeltemal uitgeskakel met die kragvoorsiener op koers om dit teen 2027 landwyd uit te skakel.
Eskom rapporteer hoogste energiebeskikbaarheid in ses jaar [KLANK]
ENG-MokwenaOnElectricity