Skip to content

Eskom-kragnetwerk bly bestendig teen die einde van die winter

# Eskom sê die kragnetwerk is steeds betroubaar, sonder beurtkrag sedert 15 Mei. Eskom-woordvoerder Daphne Mokoena sê die opwekkingsvermoë staan op byna 30-duisend-megawatt, genoeg om aan die huidige vraag te voldoen. Onbeplande onderbrekings het danksy die Opwekkingsherstelplan gedaal tot elf-duisend-170 megawatt. Sy sê die Energiebeskikbaarheidsfaktor het verbeter, en Eskom beplan om binnekort drie-duisend-280-megawatt weer in diens te stel. Volgens haar gaan die diensverskaffer aan die winteraanvraag voldoen sonder beurtkrag.