# Eskom sê die elektrisiteitstoevoer is ten volle herstel aan alle Khayelitsha-klante wat geraak is deur Donderdagaand se kragonderbreking. Inwoners was woedend en gefrustreerd nadat die township as gevolg van verskeie probleme, onder meer onwettige verbindings, in duisternis gedompel is. Eskom-woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dit beklemtoon weereens die skadelike uitwerking van onwettige verbindings, diefstal en vandalisme van die elektrisiteitsinfrastruktuur. Sy sê hierdie misdade oorlaai die netwerk, beskadig kritieke toerusting en dra by tot lang kragonderbrekings, wat hele gemeenskappe raak:
Eskom herstel elektrisiteitstoevoer na alle geaffekteerde klante in Khayelitsha [KLANK]
ENG MokwenaONKhayalitsha