# Eskom en African Bank het ooreenkomste onderteken vir die verkoop van die Eskom Finance Company, wat ‘n belangrike mylpaal vir die verkoop van nie-kernbates is. Die transaksie sluit in die finansieringsmaatskappy se personeelleningsportefeulje, verwante bates en Eskom se belang in Nqaba Finance 1. Die transaksie, deel van Eskom se skuldverligtingsvoorwaardes, dien nou voor die Mededingingskommissie vir regulatoriese goedkeuring. Eskom se finansiële hoof, Calib Cassim, sê dit ondersteun Eskom se kernfokus en stroomlynstrategie onder die leiding van die Nasionale Tesourie.