Skip to content

Enlit Africa keer na Kaapstad terug vir groener toekoms

# Enlit Africa se konferensie word weer die maand in Kaapstad aangebied. Die geleentheid bring leiers in krag, water en energie byeen. Die konferensie met 200 kundige sprekers en waar 250 uitstallers verwag word, stel innovering, samewerking en volhoubare oplossings ten toon. Die onderwerpe wat bespreek sal word sluit in watersekerheid, energieoplossings, infrastruktuur, tegnologie, finansies, bestuur en geslagsgelykheid in die energiesektor. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa is die hoofspreker. Die expo duur van 20 tot 22 Mei.