Skip to content

EMPD-beampte, veiligheidshoof aangekla vir diefstal van edelstene

# ‘n Beampte van die Ekurhuleni Metropolisie, Adrian McKenzie, en die veiligheidshoof, Etienne van der Walt, het in die Johannesburgse Landdroshof verskyn op ses aanklagte van bedrog en roof wat verbind word met die diefstal van edelgesteentes ter waarde van ongeveer 14,9-miljoen-rand in 2023. Die saak spruit uit bewerings voor die Madlanga-kommissie van ‘n sogenaamde geheime polisie-optrede in Rosebank onder leiding van die geskorste EMPD-adjunkhoof Julius Mkhwanazi. Die edelstene is na bewering vir 110-duisend-rand verkoop. Die saak hervat 16 Julie vir ‘n aansoek om borgtog.