Skip to content

Elon Musk se SpaceX samel 75-miljard-dollar in voor die wêreld se grootste aandelemark-bekendstelling

# SpaceX het 75-miljard-dollar by finansiële instansies ingesamel voor hy ‘n openbare verhandelde onderneming word met na verwagting die andelenotering met die hoogste waarde ooit. Die ruimteverkennings- en kunsmatige intelligensie-onderneming het gesê dit volg nadat aandele teen 135-dollar elk verkoop is. Die onderneming se aanvanklike aandelemarkwaarde sal bykans 1,8-duisend-miljard-dollar wees, gebaseer op die SpaceX-aandeelprys ramings, wat die uitvoerende hoof, Elon Musk, die wêreld se rykste man ooit sal maak. As aandele teen 135-dollar of meer verkoop wanneer handel vandag open, sal SpaceX onmiddellik een van die waardevolste openbare ondernemings ter wêreld word.