# Die Departement van Elektrisiteit en Energie sê hulle sal gasverskaffers, ontwikkelaars en infrastruktuurbelanghebbendes betrek voordat hulle nog ‘n gas-tot-krag-verkrygingsproses aanpak. Die konsultasies is daarop gemik om kommersiële, tegniese en finansiële uitdagings aan te spreek na al vier tenders onder die eerste verkrygingsvenster verwerp is. Die Departement sê die tenderaars kon nie gasvoorsiening waarborg nie. Die maatskappye sal toegelaat word om weer te tender, met prosestoesig deur die Onafhanklike Kragprodusentekantoor. Die Geïntegreerde Hulpbronplan maak voorsiening vir opwekking van drie-duisend-megawatt deur gas.
Elektrisiteitsdepartement gaan die gas-tot-kragbedryf raadpleeg voor nuwe tenders aangevra word