Skip to content

Ekurhuleni-raad sal besluit oor skorsing van waarnemende Metropolisie-hoof Mkhwanazi

# Die Stad Ekurhuleni se raad sal na verwagting vandag besluit of die waarnemende hoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, as ‘n voorsorgmaatreël geskors moet word. Dit is in verband met sy bande met die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala. ‘n Interne forensiese verslag oor bewerings dat Mkhwanazi die onwettige oordrag van blouligvoertuie in stadsbesit na Matlala se onderneming vergemaklik het, sal ter tafel gelê word. Die raad sal debatteer oor die bevindings en besluit oor die volgende stappe.