Skip to content

Ekurhuleni-munisipaliteit begin ondersoek na sy metropolisiedepartement

# Die Ekurhuleni-munisipaliteit sê hy begin ʼn onafhanklike interne ondersoek na nuwe bewerings teen sy metropolisiedepartement. Dit volg nadat die metropolisie se adjunkhoof, Julius Mkhwanazi, geskors is te midde van bewerings wat hom betrek by die vermeende misdadiger, Vusimuzi “Cat” Matlala, en onregmatige aktiwiteite in die departement. Die stadsbestuurder Kagiso Lerutla sê Mkhwanazi se skorsing is ʼn administratiewe maatreël, nie ʼn skuldigbevinding nie, en is bedoel om die integriteit van voortgesette tugprosesse te beskerm. Hy sê hulle wil aanspreeklikheid verseker en openbare vertroue herstel.