Skip to content

Ekurhuleni beraadslaag weer met politieke partye nadat begroting die vierde keer afgekeur is

# Ekurhuleni se burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Jongizizwe Dlabathi, sê hulle gaan voort om met politieke partye te beraadslaag om ʼn weg te vind om die voorgestelde 2026/2027-begroting te aanvaar. Dit is gister die vierde keer verwerp nadat 95 raadslede daarvoor en 105 daarteen gestem het. Die ANC-geleide koalisie het tot die einde van die maand tyd om ondersteuning vir ʼn wettige begroting te kry, anders kan die provinsie ingryp. Dlabathi vra partye om met volwassenheid op te tree.