Skip to content

Eksterne onbestendigheid dra by tot daling in China se ekonomiese groei

# China se Nasionale Buro vir Statistiek sê toenemende eksterne onsekerheid en onbestendigheid het daartoe bygedra dat die ekonomie in die tweede kwartaal stadiger gegroei het as wat verwag is. Bruto binnelandse produk-syfers toon die wêreld se tweede grootste ekonomie het met 4,3-persent gegroei, minder as die verwagte 4,5-persent. Dit volg nadat China die jaar begin het met ‘n sterker as verwagte ekonomiese groei van vyf-persent in die eerste kwartaal. Die buro het ook ‘n wanbalans tussen ‘n sterk aanbod en swak vraag in die binnelandse ekonomie getoon.