Skip to content

Ekonoom waarsku politieke onsekerheid rondom Ramaphosa kan tot swakker beleggersvertroue lei

# Die hoofekonoom van Aluma Capital, Frederick Mitchell, sê hernude politieke onsekerheid rondom president Cyril Ramaphosa en die regering van nasionale eenheid kan lei tot swakker beleggersvertroue en vertraagde hervormings. Die Konstitusionele Hof het die pad gebaan vir die stigting van ‘n parlementêre ampsklagkomitee om Ramaphosa se gedrag in die Phala Phala-saga te ondersoek. Mitchell sê vir internasionale beleggers verteenwoordig Ramaphosa die primêre anker van die regering van nasionale eenheid en die gesig van strukturele hervorming. Hy sê enige ware bedreiging van sy posisie sal die Rand dadelik onder druk plaas.