# ‘n Ontwikkelingsekonoom van ESG Analytics, Sifiso Skenjana, bepleit dringende hervorming van Suid-Afrika se brandstofprysstruktuur en waarsku die huidige stelsel plaas baie druk op verbruikers. Hy sê belasting, heffings en verspreidingskoste vorm ‘n groot deel van brandstofpryse, wat die uitwerking van internasionale oliewisselvalligheid vererger. Skenjana voer aan tydelike verligtingsmaatreëls is nie genoeg nie en langtermyn strukturele veranderings word benodig om pryse bestendig te maak, huishoudings te beskerm en deursigtigheid oor die bepaling van brandstofkoste te verbeter.
Ekonoom vra hervorming van brandstofprysstelsel te midde van wisselvallige olieprys