Skip to content

EFF vra Ramaphosa om kommissie van ondersoek in te stel na Nasionale Vervolgingsgesag

# EFF-leier Julius Malema het amptelik aan president Cyril Ramaphosa geskryf en gevra dat ʼn kommissie van ondersoek aangestel word om die Nasionale Vervolgingsgesag te ondersoek. Dit volg nadat die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, beweer het die NVG is deur korrupte aanklaers geïnfiltreer. Malema sê die voorgestelde kommissie se mandaat moenie beperk word tot prosedurele onreëlmatighede of swak administrasie nie, maar ook ʼn deeglike institusionele oudit van die NVG insluit. Hy sê afgetrede hoofregter Mogoeng Mogoeng moet die kommissie lei.