# Die EFF sê die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, moet in die Parlement verslag doen oor berigte wat verband hou met die beplande toekenning van die Nasionale Lotery se bedryfslisensie aan die Gold Rush Consortium. Na ʼn lang en omstrede bodproses, onderhandel die minister volgens berigte met die konsortium om die nasionale lotery vir agt jaar te bedryf. ʼn EFF-woordvoerder, Sinawo Tambo, sê die konsortium se eienaars het na bewering bande met die hiërargie in die ANC:
EFF vra minister Tau om verslag te doen oor Gold Rush Consortium se loterylisensie [KLANK]
ENG TamboOnTransparency