# Die EFF het die Gautengse Hooggeregshof genader om die aanvaarding van die Stad Ekurhuleni se 2025/2026-aanpassingsbegroting, wat hy as onregmatig beskryf, te betwis. Die kwessie het ontstaan nadat die raad se speaker verklaar het die begroting is deur mondelinge stemming aanvaar, terwyl die grondwetlike vereiste is dat begrotings deur ʼn meerderheidstem van alle raadslede goedgekeur moet word. Die party sê dit weerspieël die toenemende krisis in munisipaliteite waar koalisies regeer, en waar grondwetlike verpligtinge versaak word vir eng faksie-belange.
EFF vra hof om Ekurhuleni se aanpassingsbegroting onregmatig te verklaar