Skip to content

EFF vra dat Binnelandse Sake-amptenare wat by korrupsie betrek word van hoogverraad aangekla word

# Die EFF vra dat amptenare van Binnelandse Sake wat by korrupsie betrek word van hoogverraad aangekla word. Dié departement se adjunk-direkteur-generaal vir Teenkorrupsie en Sekerheid, Conny Moitse, het onthul minstens 805 sake is die afgelope drie boekjare ondersoek. Die algemeenste oortredings hou verband met bedrieglike identiteitsdokumente en geboorteregistrasies. Sewentien amptenare word betrek by die onregmatige verwerking en uitreiking van studievisums. Die EFF kritiseer die sagte benadering teenoor korrupte amptenare en sê hulle kan nie net van bedrog en korrupsie aangekla word nie.