# Die EFF-parlementslid, Lilian Managa, het die Omgewingsbegroting in die Nasionale Vergadering verwerp en die regering beskuldig dat hulle werklike besnoeiings aan noodsaaklike omgewingsprogramme wegsteek. Managa het ‘n styging van 15,1-persent in administratiewe koste gekritiseer terwyl landelike ontwikkeling, bosbou en afvalbestuur onderbefonds word. Managa eis ‘n verskuiwing van 260-miljoen-rand van administrasiekoste na gemeenskapsgedrewe, werkskeppende projekte. Sy waarsku die werkersklas moet nie die las van omgewings- en ekonomiese ongeregtigheid dra nie: