# Die EFF sê hy verwerp met minagting die groep van 32 vooraanstaande persone wat president Cyril Ramaphosa aangestel het om die proses van die Nasionale Dialoog in die land te lei. Die groep sluit in die Springbokkaptein Siya Kolisi, die aktivis Ela Gandhi, en die sekretaris-generaal van Cosatu, Bheki Ntshalintshali. Die EFF sê die meeste lede van die groep is met die ANC verbind deur lidmaatskap, of het een of ander tyd vir Ramaphosa ondersteun. Die party sê die proses dien eensydige en nie nasionale belange nie.
EFF verwerp individue wat aangestel is om proses van Nasionale Dialoog te lei